NOORDWESTER - LICHTENBURG - Tydens BCVO se glansgeleentheid vir Matrikulante 2025 het Rita Goosen van CVO Skool Lichtenburg die volgende toekennings ontvang: hoogste persentasie in Engels, Rekenaartoepassingstegnologie, Lewenswetenskap, Wiskunde en Fisiese Wetenskap.
Sy is ook aangewys as die beste presteerder in Afrikaans, asook die dogter wat die hoogste persentasie in Afrikaans behaal het.
Verder is sy bekroon as die algehele beste presteerder in BCVO. Rita se harde werk is inderdaad beloon. Sy het sewe onderskeidings behaal.
CVO-skool Lichtenburg het ook ‘n sertifikaat ontvang vir ‘n 100% slaagsyfer.
Baie geluk, Rita, mag jy nog hoë hoogtes bereik, Lichtenburg is trots op jou.









