Die Eerstespan van Hoërskool Lichtenburg behaal ‘n skitterende oorwinning oor Klerksdorp Hoërskool (KHS). Die span is (voor) Hanno J v Rensburg, Liam Swart, Phillip Weyer, Juwan Vosser, Ona Senekwane, (agter) Douw Jacobs, Juan Ancamp, Bernardo hefer, mnr. Ryan Schroeder, Tiaan Crouwther, Luan Snyman en Elje Kleynhans
Liggies kampioen
Wijan Nieuwoudt (middel op foto) van Lichtenburg Hoërskool het aan die NWU MTB Gaan Wild XCM interprovinsiale kampioenskappe deelgeneem. Hy behaal eerste plek vir Noordwes in die Jeug kategorie en eindig algeheel derde uit 103 ryers.
Perderuiters skitter vir Liggies
Elzemari Ras en Leanet de Jager van Hoërskool Lichtenburg het die vakansie aan die SA Perdry Kampioenskappe deelgeneem.
Elzemari het verskeie plekke verwerf.
Liggies skaakklub blink uit
Skaakklubleerlinge van Lichtenburg Hoërskool het aan ‘n skaaktoernooi deelgeneem. Ses leerders het deelgeneem: Damian Smit, Jarik Faurie, Hanu Wessels, Donovan Pretorius, Tshwanelo Tlhagiso en Louis Avenant.