Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Ruan du Plooy, oud-Liggie, studeer tans aan NWU in Potchefstroom. 
Verlede jaar het hy 16de geëindig en vanjaar kwalifiseer hy weer (o/23) vir die Suid-Afrikaanse poolkampioenskappe in die Kaap wat van 23 September tot 1 Oktober plaasvind. Die kostes is baie en om fondse of donasies te kry, bied hulle ‘n lekker poolkompetisie aan. 

Die poolkompetisie is by Outlaws Pub & Grill, Thabo Mbekistraat 8, Lichtenburg, op Saterdag, 31 Augustus. Mans en vrouens kan inskryf vanaf 13:00-14:00. Inskrywings beloop R50 (race 2).
Alle ondersteuning sal hoog op prys gestel word. Op die koop toe, kan ondersteuners ook die rugbywedstryd te siene kry. Pryse wat gewen kan word is eetbewyse van verskillende donateurs: 1ste plek R800, 2de plek R600, 3de plek R400 en 4de plek R200. 
Bly daar na afloop van die kompetisie en kyk dan sommer ook die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks om 17:00. Outlaws Pub & Grill is oop vir etes, met spesiale aanbiedings en drinkgoed tot laat na die rugby.
Kom ons help Ruan om kampioenskappe toe te gaan! Kontak Ruan op 067 339 7898 of Dean op 074 647 2886.