NOORDWESTER – COLIGNY - Hannes-Walt de Klerk is ‘n uitsonderlike man, wat skitterend presteer in sport die afgelope 19 jaar. Hy besoek en neem deel in verskeie lande, insluitend ‘n onlangse draai in Antalaya in Turkye.
Hier het 33 lande se Down Syndroom atlete deelgeneem aan die wêreldkampioenskappe. Sy spanbestuurder sê die kompetisie was baie sterk en kompeterend.
Sy oefenprogram tot die voorbereiding vir die kampioenskappe was druk en Hugo en Heino Lamprechts van Coligny het hom vir drie maande bygestaan hierin, waarvoor hy baie dankbaar is.
Liggies rugby uitslae
Die Bloumasjien vs Potchefstroom Gimnasium(weg).
o/14 A Wen 14 - 12 Man of the match:
Fofo Ipotseng.
o/15 A Wen 25 - 3
Man of the match: Hanjo Nieuwoudt.
o/15 B Wen 26-0
Man of the match: Mepha Mbuyiselo.
o/16 B Wen 50 - 0
Man of the match: Eduan vd Berg.
Dudfield Hengelklub hou prysuitdeling
NOORDWESTER – DUDFIELD - Saterdagaand het Dudfield Hengel Klub sy 2023 Prysuitdeling gehad waar erkenning gegee is aan die hengelaars se prestasies. In die kategorieë het die volgende hengelaars presteer.
Mans afdeling: Nico Oosthuizen 83 punte, Christo Rothman 57 punte, Freddie Taljaard 54 punte.
Vroue Afdeling: Kiewiet ten Kate 24 punte.
Junior Afdeling: Stephan Myburg 10 punte, Jan Cronje 9punte, Tobie Myburg 6 Punte.
Coligny Spesiale Skool atletiek presteer
NOORDWESTER – COLIGNY – Geluk aan die leerders wat tydens die LSEN (Learners with Special Education Needs) Noordwes atletiek byeenkoms medaljes verwerf het en ook die wat in die Suid Afrika span opgeneem is.
Be Active OCR
Die afgelope naweek het Active Obstacle Course Racing ‘n byeenkoms gehad in Bloemfontein. Die afstand wat gewen is deur Erje Jansen van Lichtenburg was 7km. Op die foto links Erje Jansen van Rensburg (eerste plek) en Byron Strydom (tweede plek).