Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Bloumasjien, Hoërskool Lichtenburg se 1ste rugbyspan, is vanjaar nog onoorwonne op hulle tuisveld! Hulle speel hulle derde tuiswedstryd Saterdag, 27 Julie teen Hoërskool Secunda. Die afgelope twee naweke het hulle in die Noordvaal-toernooi teen Hugenote en Die Anker gespeel. Die Bloumasjien het Hugenote vermorsel met 27-14 en Liggie, Dundré Dempers is aangewys as Speler van die wedstryd. Hulle wen ook 37-26 teen Die Anker met Liggie, KG Legodi wat as Speler van die wedstryd aangewys is.

In die tweede kwartaal het hulle in die Noordvaal-toernooi teen Jeugland gespeel en met 40-33 geseëvier, met Liggie, Tiaan Booysen wat aangewys is as Speler van die wedstryd. In die Puk-reeks het hulle teen Pietersburg gespeel en met 28-11 gewen - Liggie, Dundré Dempers, is aangewys as Speler van die wedstryd. Die Liggies vat dié naweek vir Secunda aan met die hoop vir ‘n driekuns op hulle tuisveld. Die manne sal elke liewe Liggie se ondersteuning baie waardeer. Die dag begin om 08:00 met die hoofwedstryd wat om 12:30 afskop.