Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Ruiters van Lichtenburg het die naweek van 12 tot 14 Julie aan die Noordwes SANESA finale (South African National Equestrian Schools Association) deelgeneem te Heartland Equestrian Park, naby Brits. 
Ten spyte van baie uitdagings wat insluit dat die ruiters van die platteland kom, het die ruiters in verskillende klasse/afdelings baie goed presteer. Hulle het almal ‘n plek in hul onderskeie klasse behaal. 

Dit getuig van harde werk en goeie spanwerk. Die ruiters het behoorlik stof in die ander se oë geskop. In September gaan hierdie ruiters vir die Noordwesspan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kyalami Park, naby Johannesburg. Lichtenburg is trots op die ruiters en wens hulle sterkte toe vir die SA’s.