NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die twee padelbane by Lichtenburg Buiteklub is reeds sedert 16 Mei in gebruik. Die bane is tydens ‘n lintknipgeleentheid op 23 Mei, waarby NWK se bestuur en Lichtenburg Gholfklub se komitee betrokke was, amptelik in gebruik geneem.
Sedertdien het die bane se gewildheid week na week toegeneem. Daar het onder andere reeds ‘n padelkinderpartytjie en ‘n suksesvolle departementele spanboumiddag plaasgevind.
Kranige Lika presteer by SA Friesperd Nasionale kompetisie
Lika Martens het onlangs aan die SA Friesperd Nasionale kompetisie te Parys deelgeneem vir Du Preez Pragstoet. Lika is ‘n leerder van Laerskool Burgersdorp. Sy het die volgende pryse verower: Twee, eerste plekke - Stap, Draf Ruiters en Driegang Ruiters o/10, Twee, tweede plekke - Ruiter o/14 en o/18. ‘n Vierde plek – Kampioenskap Driegang o/18.
Padelbane vir gemeenskap geopen by Lichtenburg Gholfklub
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Tydens ‘n lintknipgeleentheid op 23 Mei, is die padelbane by Lichtenburg Gholfklub amptelik in gebruik geneem.
Lichtenburg Gholfklub se president, Izak Brand, het NWK bedank vir hulle bydrae om hierdie droom van die gholfklub moontlik te maak. NWK se strategie om projekte te ondersteun om vir al die gemeenskappe in sy bedieningsgebied geriewe te skep wat hulle lewensgehalte en toegang tot ontspanningsgeriewe verbeter, word raakgesien en opreg waardeer.
NWK gee die pas aan by die Suid-Afrikaanse Safari-tydren
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Tydens die Suid-Afrikaanse Safari-tydren 18-24 Mei pak die wêreld se beste tydren-raid-spanne die uitdagende terreine van die Noord-wesprovinsie aan as deel van die 2025 Wêreldtydren-Raid-kampioenskap (W2RC).
NWK het sy 116de bestaansjaar op 4 Mei gevier en is diep gewortel in die Noord-wesprovinsie en sy landelike gemeenskappe. Gevolglik, is NWK die trotse amptelike brand-stofborg van die SA Safari Rally.
PEP mini Netball upliftment on a high level
NOORDWESTER- LICHTENBURG - On Tuesday, 13 May, school netball coaches in the North West had the opportunity to experience PEP mini Netball hands-on with some of the best former netball players in the country.
It was a top-notch netball event. PEP mini Netball sessions are uniquely designed netball events in partnership with South African Schools Netball (SASN) where primary school girls from u/6 to u/9 partake in organised netball fixtures. The purpose is to introduce girls to netball at an early age in order to help them learn and master the basics of the sport.