Warriors Jujitsu het die naweek van 4 Oktober deelgeneem aan die Nasionale Jujitsu-kampioenskappe in Rustenburg. Die Warriors het hard baklei en medaljes verower. Voor: Elsmari Meyer (brons), Ruan du Toit (goud en silwer), MC Malan (brons) en Dihanro Botes (ondersteuner). Agter: Riehane Kleynhans (silwer), Maunique Miller (brons), Yodancha David Botes, Armand Botha (brons en silwer), Divan Botes (brons), Erich Grove (silwer en brons).