Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Africa-Offroad Racing in samewerking met NWK Grain Lichtenburg, het op Saterdag, 5 Julie die NWK Lichtenburg 200 aangebied.Verskeie uitstallers het die venue propvol interessanthede gemaak en die kos was uit die boonste rakke. 
Daar was 65 deelnemers wat ingeskryf het vir die dag en TV Productions het alles op film vasgelê.

Read more …Groot feestelikheid by Africa Offroad

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die twee padelbane by Lichtenburg Buiteklub is reeds sedert 16 Mei in gebruik.  Die bane is tydens ‘n lintknipgeleentheid op 23 Mei, waarby NWK se bestuur en Lichtenburg Gholfklub se komitee betrokke was, amptelik in gebruik geneem.
Sedertdien het die bane se gewildheid week na week toegeneem. Daar het onder andere reeds ‘n padelkinderpartytjie en ‘n suksesvolle departementele spanboumiddag plaasgevind.

Read more …Padelbane by Lichtenburg Buiteklub groot sukses

Lika Martens het onlangs aan die SA Friesperd Nasionale kompetisie te Parys deelgeneem vir Du Preez Pragstoet. Lika is ‘n leerder van Laerskool Burgersdorp. Sy het die volgende pryse verower: Twee, eerste plekke - Stap, Draf Ruiters en Driegang Ruiters o/10, Twee, tweede plekke - Ruiter o/14 en o/18. ‘n Vierde plek – Kampioenskap Driegang o/18.

Read more …Kranige Lika presteer by SA Friesperd Nasionale kompetisie

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Tydens ‘n lintknipgeleentheid op 23 Mei, is die padelbane by Lichtenburg Gholfklub amptelik in gebruik geneem.
Lichtenburg Gholfklub se president, Izak Brand, het NWK bedank vir hulle bydrae om hierdie droom van die gholfklub moontlik te maak. NWK se strategie om projekte te ondersteun om vir al die gemeenskappe in sy bedieningsgebied geriewe te skep wat hulle lewensgehalte en toegang tot ontspanningsgeriewe  verbeter, word raakgesien en opreg waardeer.

Read more …Padelbane vir gemeenskap geopen by Lichtenburg Gholfklub

More Articles …