NOORDWESTER – LICHTENBURG - Tydens die Suid-Afrikaanse Safari-tydren 18-24 Mei pak die wêreld se beste tydren-raid-spanne die uitdagende terreine van die Noord-wesprovinsie aan as deel van die 2025 Wêreldtydren-Raid-kampioenskap (W2RC).
NWK het sy 116de bestaansjaar op 4 Mei gevier en is diep gewortel in die Noord-wesprovinsie en sy landelike gemeenskappe. Gevolglik, is NWK die trotse amptelike brand-stofborg van die SA Safari Rally.
Vir dié maatskappy was dit ‘n natuurlike besluit om by die Safari-tydren betrokke te raak – ‘n unieke geleentheid om by te dra tot ‘n internasionale motorsportskouspel.
NWK het ook ‘n toeskouerspunt by Zoetmelksvallei en deelnemers jaag dat die stof so staan en die opwinding is groot.
Deelnemers het nie net op roete volgemaak nie, maar ook by die vulstasie besoek afgelê. NWK sal 25 000 liter brandstof vir die tydren se deelnemende motorfietse en voertuie verskaf. Daarbenewens sal NWK-vulstasies langs die roete deelne-mers, spanne en toeskouers onder-steun, met verlengde werksure en ekstra personeel byderhand om gladde, doeltreffende diens te verseker.