Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Tydens ‘n lintknipgeleentheid op 23 Mei, is die padelbane by Lichtenburg Gholfklub amptelik in gebruik geneem.
Lichtenburg Gholfklub se president, Izak Brand, het NWK bedank vir hulle bydrae om hierdie droom van die gholfklub moontlik te maak. NWK se strategie om projekte te ondersteun om vir al die gemeenskappe in sy bedieningsgebied geriewe te skep wat hulle lewensgehalte en toegang tot ontspanningsgeriewe  verbeter, word raakgesien en opreg waardeer.

NWK se hoof uitvoerende beampte, Pieter Kleingeld, het bevestig dat NWK belê in sy personeel en in die gemeenskappe waar hulle betrokke is. Die bydraes verseker dat hulle personeel toegang kry tot fasiliteite waar hulle veilig voel om hulle passies en sport te kan uitleef.
NWK se bestuur het na die openingsgeleentheid deelgeneem aan ‘n minipadeltoernooi en is daarna deur die gholfkomitee bederf met ‘n ete en kuier in die klubhuis.
Die padelbane is die begin van ‘n projek om sportklubs wat nie meer fasiliteite in Lichtenburg het nie, toegang te gee om hulle sportklubs te hervestig in ‘n veilige omgewing. Die restaurant en fasiliteite by die klubhuis word ook opgegradeer om ‘n aangename ervaring te skep vir almal wat hulle sport hier wil beoefen.
Die gholfkomitee se strategie om die gholfklub om te skakel na ‘n volwaardige buiteklub, het nou gestalte gekry. Benewens die gholfbaan, oefenbof, padelbane en ‘n speelterrein vir kinders en kleuters wat reeds in gebruik is, is daar ook gesprekke om ‘n bergfietsbaan, jukskei, boogskiet, verfbal, minisokker, minihokkie, netbal en stap/draf-roetes te vestig.
Die klubhuis kry ook ‘n industriële kombuis met ‘n restaurant en kafeteria waar etes en wegneemetes beskikbaar sal wees. ‘n Buitekuierarea met addisionele toiletgeriewe is reeds in die finale fase van beplanning. Die gholfklub bied ook reeds spyseniering vir funksies en etes vir spesiale geleenthede. 
Die gholfklub waardeer ook die bydraes van NWK, Tacet, Pieter du Preez, Afrisam, Afrimat en Sephaku wat die pad herbou het vir veilige toegang tot die klub.
Besprekings vir die padelbane word tans by die gholfklub gedoen, maar die aanlyntoep “PlayTomic” sal binne dae beskikbaar wees vir besprekings en betalings. Die gholfklub nooi die publiek uit om deel te word van hierdie poging om vir die gemeenskap ontspanningsgeriewe te skep.  
Die buiteklub se leuse is juis: “Vir die gemeenskap, deur die gemeenskap.”