NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hierdie is ‘n oproep aan alle buitelug-entoesiaste en gesinne. Die Hakbos Eco Challenge is net om die draai en vind op Saterdag, 3 Mei by die Hakboslaagte Concordia kerkterrein plaas. Hierdie opwindende geleentheid kombineer draf/stap en fietsry en bied iets vir almal.
Opwindingsoekers kan die uitdagende roetes te voet of per fiets aanpak. Moenie bekommerd wees nie, die organiseerders het nie van die kleintjies vergeet nie. Die 5 km-pretdrafbaan is stoot-waentjiesvriendelik, wat dit die perfekte geleentheid maak om die hele gesin betrokke te kry.
As jy ‘n lekker eetlus het, geniet die dag met ‘n koue bier en heerlike middagete by die biertent. Ontspan saam met vriende en familie, en geniet die pragtige omgewing.
Kontak Eva Hansen op 082 969 7777 vir navrae. Registreer aanlyn by Entry Ninja https://www.entryninja.com/events/81706-hakbos-eco-challenge-2025