Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZEERUST - Zeerust Uithourit Klub-ruiters het uitgeblink tydens die afgelope Fauriesmith Nasionale Uithourit Kampioenskappe van 206km oor drie dae.
 Die rit het plaasgevind te Fauriesmith in die Vrystaat vanaf 25-27 Junie.  252 Ruiters het die rit begin en slegs 133 het dit voltooi.  Dit was ‘n baie uitdagende rit. Zeerustklub is trots op al hulle  ruiters. Die klub spog met die volgende prestasies:

Eerste - goue medalje, Noordwes Juniorspan met drie lede uit Zeerustklub. Danielle Joubert met Connas Hadee, Kyle Erasmus met Apex Alea en Liandri de Villiers met Cavalos De Deus Ramat. Ruiters verbonde aan Zeerustklub wat die rit suksesvol voltooi het - Leandri de Villiers met Cavallos De Deus Ramat, Rita Gosen met El Chitan Smokey, Abrie Rochér met Zarafa Khalid, Obrey Mogoje met El Chitan Zorro.