Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Het jy wat dit vat om ‘n kampioen te wees? Saterdag, 6 Julie, beloof om ‘n adrenalienbelaaide dag van veldrenne op eie bodem te wees. Africa Off-Road bied die NWK Lichtenburg 200 veldren aan, vanaf Lichtenburg Motorklub se gronde.
Groot en klein is welkom as toeskouers of deelnemers.

Daar sal heeldag verversings te koop wees op die perseel en toeskouers kan ook hul piekniekmandjies bring om die waaghalse in aksie langs die roete te ondersteun. 
Tweewiel- en vierwielmotorfietse, sowel as produksie- en spesiale veldrenvoertuie is welkom om in te skryf.  Daar is ‘n spesiale Warrior-klas, wat ‘n daglisensie insluit vir diegene wie nie aan ‘n klub behoort nie - skryf in en stel jou bestuursvernuf ten toon.
Loer gerus op die Facebookblad, Africa-Offroad Racing of webblad vir ‘n voorsmakie.
Inskrywings kan aanlyn gedoen word by www.africa-offroadracing.co.za. Navrae: Berta Welman op 083 448 9205.               

Foto’s: Elbe Photography.