Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die pas afgelope Winterspele by die CVO-skool Lichtenburg was ‘n skouspel van uitstallers en besoekers. Spanne van Noordwes, Noord-Kaap, Noord Transvaal en Oos-Transvaal het kragte gemeet in rugby en netbal. Dankie aan die CVO-skole van Noordwes, CVO-Lichtenburg se Opvoedingsraad en almal wat gehelp het om die Winterspele ‘n sukses te maak. Duisende mense het die leerders ondersteun en daar was deurgaans ‘n feestelike en genoeglike atmosfeer oor die drie dae.

 Die dorp het ‘n ekonomiese inspuiting ontvang en Marius Botha (hoof, CVO Lichtenburg) is baie trots dat alles goed afgeloop het.  Opmerklik was die kinders se goeie maniere. Die terrein was skoon, vullisblikke is deurentyd leeggemaak en die toilette was skoon en netjies. Heerlike kosstalletjies en ander uitstallers het fluks sake gedoen. Na afloop van die spele is o/13 en o/19 Nasionale spanne gekies ter erkenning van hulle prestasies. Links verskyn Johanike Marnewick en regs is Nicolene Pretorius - trotse vlagdraers vir hulle skool. Verdere foto’s verskyn op bl.7.