Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Agri Vryburg het op Woensdag, 31 Julie ‘n basie suksesvolle Landboudag by die Piet Theron saal by die skougronde in Vryburg aangebied ook met verskeie stalletjies wat besoek kon word. Agri NW se Uitvoerendee Bestuurder, Naude Pienaar het die opening en verwelkoming behartig en gepraat oor spanwerk. 

Tydens die dag het Jaco Minnaar, President van Agri SA die mense toegespreek oor 120 jaar van leierskap, en volhoubaarheid in die landbou en wat die belangrikheid van die samewerking tussen landbouers is in die uitdagende tye waarin boere ‘n bestaan probeer maak. Dawie Roodt, Hoof Ekonoom van Efficient Groep het ook tydens die geleentheid as motiveringspreker opgetree met die woorde “Staan sterk in die stormwind.” Nico Killian, RPO Voorsitter het tydens sy spreekbeurt gesels oor die rol van die RPO binne RMIS. Issie van Heerden, van Intelact Beef het gesels oor die fisies en finansiële aspekte van beesboerdery. Agri Vryburg se oudste lid, Hendrik Jacobs, was ook teenwoordig by die landboudag. Die Jaarvergadering was ook gehou waartydens die nuwe plaaslike bestuur verkies is. Pieter Jonker is onbestrede as voorsitter van Agri Vryburg verkies, met Johan Grobbelaar as vise-voorsitter, Wiekie Claassens as Finasiële voorsitter en Kevin Smithers as addisionele lid. Piet Classens het musiek vermaak verskaf tydens die gesellige middagete waarmee die dag afgesluit is.