Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Mignoné Jacobs (34) het op vyfjarige ouderdom haar eerste trauma beleef toe sy gediagnoseer is met ‘n Tipe 1 diabetes wat veroorsaak is deur die skok van haar ouers se egskeiding. 
Nadat albei ouers weer getroud is, het die volgende trauma haar op 10-jarige ouderdom getref. In November 2000 het haar lewe onomkeerbaar verander, toe haar stiefpa, Nico Erasmus, haar geliefde moeder, Retha Erasmus, in die jong ouderdom van 39, doodgeskiet en homself ook daarna om die lewe gebring. Beide van hulle was op daardie stadium polisielede in Polokwane gewees. Alhoewel Mignoné baie lief was vir haar stiefpa, wie ‘n erge depressielyer was, het sy deur ‘n stadium van rebellie gegaan en haat omdat hy haar geliefde en die mooiste mooiste ma uit haar en haar twee sussies, wie 15 en 17 jaar oud was en hulle biologiese pa se lewens geruk het. In die rebellie fase was sy gekonfronteer met vrae soos, ‘Hoekom is dit my ma wat gevat is’?, ‘Hoekom het my maaitjies albei ouers en ek nie’?

Sy het met soveel onbeantwoorde vrae gesit. Mignoné, met ‘n traan in haar oë, onthou haar mooiste ma se lag en die ontslaglike liefde wat sy van haar ma ontvang het. Sy het op die jong ouderdom van 10 jaar nie die impak van die dood van haar moeder op haar lewe besef nie.
 Die droom of idee wat haar biologiese pa gehad het dat haar ma en hy weer na die egskeiding bymekaar sal kom, het hom baie erg getref en met haar dood het dit hom gedryf om ‘n alkoholis te raak, tenspyte van die feit dat hy toe alleen verantwoordelik was om na die drie dogters om te sien. Mignoné vertel dat kommunikasie tussen huweliksmaats, ouers en kinders en gesinslede, nie was soos dit moet wees nie en daarom het die trauma erger geskok. Sy was die jongste kind en was die langste aan die trauma van haar pa se alkoholisme blootgestel. 
Daardeur het sy ook gesien hoe sy nie die res van haar lewe wil wees nie, en om nie trauma soos haar pa te hanteer en ‘n alkoholis wees nie. Sy het gesien hoe sy wil wees en gekies om eerder vol liefde, soos wat haar ma was, te wees. As kind het Mignoné soms nagmerries gekry oor die omstandighede waardeur hulle gesit is, en het hulle boonop in die huis gaan woon waar haar ma doodgeskiet is. ‘n Bediende wat van kleintyd na hulle as kinders omgesien het, Seronie, het hulle altyd gekalmeer en gerusgestel as hulle nagmerries beleef het. 
Wanneer Mignoné baie na haar ma verlang het, het sy in die kamer gaan sit waar haar ma geskiet is, in die einste huis waar sy so baie liefde van haar ma ervaar het. In haar graad 9 skooljaar het sy en haar pa verhuis van Polokwane na Potchefstroom, waar sy in Potch Gimnasium Hoërskool skoolgegaan het. 
“Dit was een van die beste dinge wat met my gebeur het, omdat die skool ‘n goeie struktuur gehad het. Daar was veral drie personeellede in die skool wat ‘n groot impak in my lewe gehad. Die een was die skoolhoof, my Engelse onderwyser en Afrikaanse onderwyser.” Mignoné het besef dat sy nie weens haar omstandighede met hangskouers hoef te loop nie. “Ek het besef dat niemand my kan oordeel oor keuse wat my ouers gemaak het nie.” Sy het ook besef hoe sy haarself kan wees en nie hoef voor te gee nie. Sy het opgekyk na ‘n onderwyser wat elke dag vreeslik mooi aangetrek het en met die manier hoe sy aangetrek het, het sy disipline in haar klas afgedwing. ‘n Ander juffrou het ‘n tipe sagtheid gehad, wat sy nie ken het nie. Sy was op 10-jarige ouderdom gegooi met dinge wat volwassenes mee gekonfronteer word dit het haar vinniger volwasse gemaak. 
Sy het ook besef dat nie alle mense hard en sleg is nie en watse groot invloed onderwysers op haar lewe gehad het nie. In haar graad 12 jaar op skool, het die skool ‘n motiverings spreker gekry. Hein Wagner, was‘n blinde renjaer, wat met hulle kom gesels het. Sy woorde wat hy daardie dag gesê het, het haar geruk en sy het besef dat daar mense is wat slegter af is as sy. Sy woorde was: “It is better to be blind and have a vision, than to see and have none.” In haar jare van grootgeword, sy besef, die lewe is nie altyd lekker nie. “Die lewe gee vir jou lesse waaruit jy moet leer en jy kan jou nie altyd voorberei op dit wat gebeur nie. 
Ek het toe besef dat God, my op die ouderdom van 17 jaar baie insig gegee het. 
Ek het toe besef hoe belangrik kommunikasie in die huwelik en tussen gesinslede is en dat God my gaan oordeel oor wat ek gedoen het, en nie oor wat my ouers of ander gedoen het nie. Daar is ‘n rede hoekom God op 10-jarige ouderdom die trauma oor my lewe gebring het nie. Die lewe het my geknak maar nooit gebreek het nie. Nuwe lote het gevorm uit die geknakte takke. Ek het besef wat bitterheid aan iemand kan doen en daarom hou ek nie wrokke nie,” vertel Mignoné passievol oor die lewe. In lockdown het Mignoné ‘n analise van haarself gedoen en deur ‘n identiteitskrisis deurgegaan. 
Dis daar waar sy besluit het om ‘n Voorkomskonsultant te word. Sy het die kursus aanlyn gedoen en verlede jaar gekwalifiseer as ‘n Voorkomskonsultant en Stilis. Baie vrouens gaan deur bitterheid en elkeen is anders. Daarom wil sy mense help om te besef wat se kleure en klere gaan met sekere gesigsvorme en posture. Sy sê dat daar spesifieke klere vir jou velkleur is, sodat daar eenheid kan wees en dit gee optimale selfvertroue. Sy help mense om oor bitterheid te kom. 
Sy wil vroue bemagtig sodat hulle goed kan voel oor hulle self. As voorkomskonsultant, werk met kinders en volwassenes. “Ek hou nie daarvan om myself met ander te vergelyk nie. Ek het gefokus op wat my doel in die lewe was en ‘n soeke na myself. 
Ek staan vir vriendelikheid, liefde en vrede en om mense in te sluit. 
As ek die kennis wat ek nou het, gehad het as ‘n kind, sou dit ‘n nuwe wêreld vir my oopgemaak het,” vertel Mignoné. Migoné, wat nou in die Setlagole omgewing woonagtig is, is in ‘n baie ondersteunende, liefdevolle huwelik met goeie kommunikasie en haar man ondersteun haar en hulle twee kinders op ‘n wonderlike wyse. Haar grootste wens is dat haar kinders nie deur die trauma of lewe moet gaan, wat sy deurgegaan het om sonder ‘n ma groot te word nie. 
Tydens haar Bybelstudie het sy op 1 Timoteus 4:1-16 afgekom waar God vir haar gewys het wat Hy wil hê sy moet doen. “My grootstee doel vir God met die Voorkomskonsultant, is om vroue te bemoedig en op te tel. Jou dade is soos saad. As jy gaan liefde saai, gaan jy liefde oes. 
Jou woorde bepaal nie jou waarde nie. Ek het baie haat gehad in my vir my stiefpa en keur nie goed wat hy gedoen het nie, maar het hom vergewe. Ek het die keuse gehad om te bly lê of op te staan en die keuse of ek ‘n liefdevolle ma wil wees of nie. Ek leef in absolute dankbaarheid oor my lewe, met vrede in my hart. Ek probeer om elke dag ‘n beter mense te wees as die vorige dag en mense se opinies het nie ‘n invloed op my lewe nie,” sluit Mignoné af. Mignoné wil hê dat mense haar moet vir haar eerlikheid, altyd bereid om te help, dat sy opstaan vir huwelike en vir wat reg is - al staan sy alleen, en dat sy altyd sal opstaan vir liefde en vrede. Indien iemand met Mignoné Jacobs wil gesels, kan hulle haar kontak op 076 470 5701 of e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.