Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die 29ste jaarlikse NWVLU kongres was op Woensdag, 14 en Donderdag, 15 Augustus by Woodlands Country Lodge in Parys deur die Verwesstreek VLU aangebied. 

Die VLU het die jaar gefokus op die tema “Maak ‘n verskil in jou dorp”. Gerda Swart het die verwelkomings en bedankings gedoen, waarna Tillie Dupper geopen het met Habakuk 3:17-19 en die klem gelê het op hoe belangrik innerlike vrede is. Lizette Combrink het die “Ons Vader gebed” gesing. Cindy Coetzee van SAVLU lê haar groete boodskap aan almal voor. Hierin het sy die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid benadruk, met die boodskap dat elke aksie ‘n impak maak. Herinnerings gedagtes - ‘n oomblik van stilte ter ere aan diegene wat deur die dood afgestaan is. Erik Holm, een van die eregaste tydens die kongres, het die waarde van die VLU en sy eie ervarings oor oorlewing na ‘n ernstige ongeluk gedeel. Die volgende toekenning is tydens die kongres gemaak: NW Beurs: Leandra van Deventer; Beoordeling Kursus: Trix Parson en Jean Slabbert het die kursus voltooi; Istelle van Rhyn: Ontvang ‘n oorkonde. Yolandi Marx het die onderwerp gesonde leefstyl aangeraak en die belangrikheid van balans in siel, gees, en liggaam bespreek. Die aand was dit tyd vir ‘n dinee saam met Red Wine Acoustics van Potchefstroom. Hester Koegelenberg het die volgende dag begin met Josua 24:15. Keuses is belangrik. Jaco van Protek, het oor tuinmaak en gesonde gedagtes gepraat. Daar was ook ‘n paar gelukkige vrouens wat by Protek geskenke ontvang het tydens ‘n geluktrekking. Marco Calitz van Silver Signature, het huishoudelike produkte bespreek en daar was ook twee groot geskenke deur hulle geborg. ‘n Positiewe finansiële verslag is aangebied. Die volgende kongres sal plaasvind op 13 en 14 Augustus 2025 in Sonneblomstreek. Sluit aan by ‘n VLU tak as jy deel wil wees van die groot geleentheid elke jaar. Hester Koegelenberg is aangewys as die nuwe Visepresident van die NWVLU.