Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Vryburg VLV-lid het ‘n reis na China met sy 1,4 biljoen inwoners meegemaak. 
Daar word meer as 100 tale gepraat maar Mandaryns word in skole gebruik en buitelanders word verplig om die taal te leer praat, lees en skryf. Engels word in alle skole geleer. 

Trudie en Leon Kok het pas teruggekeer na ses weke by hul dogter in Guangzhou, ‘n stad met meer as 18 miljoen inwoners. Die stad is baie skoon en bome en tuine word oral in stand gehou. Die mense dra baie konserwatiewe klere en diefstal en wangedrag soos dwelmgebruik word glad nie geduld nie. Brandstofvoertuie word nie in die stad toegelaat nie en elektriese motors is volop. Inwoners maak gebruik van openbare vervoer. Reise na plattelandse gebiede geskied per sneltrein (bullet trains) wat snelhede van tot 350 kpu kan behaal. Kos is oral op straat te koop. Soja- en oestersous, knoffel en koljander word baie gebruik. Ingevoerde produkte is beskikbaar maar baie duur. Elke gas by die vergadering het ‘n glasie tradisionele borrel tee met ‘n vrugtesmaak gekry. Trudie het ook gedemonstreer hoe om kluitjies te maak en Erika Linde maak strikdassies (bow ties), groenterolletjies (spring rolls) en soetsuur hoender. Carien van Niekerk vertoon die trofee wat die tak by VLVK- kongres verower het vir positiewe bydrae in die gemeenskap. Vryburg VLV-tak skenk plante en twee suurlemoenboompies aan die Martie Du Plessis Dienssentrum in Vryburg om hulle tuine te verfraai.