Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Oktober is die maand van borskanker-bewustheid en dit is daarom belangrik om gereeld jou borste te ondersoek, ongeag jou geslag. 
Die gemiddelde leeftydrisiko vir borskanker onder SA vroue is een uit 29. Een uit elke agt vrou wat 85 jaar en ouer is sal in hulle leeftyd borskanker kry en word in 70% van die gevalle deur selfondersoek ontdek. Sannie Holtzhausen (92) van Vryburg is in Augustus 2002 met borskanker gediagnoseer. Sy was deur ‘n onkoloog, Dr Constant Nel van Bloemfontein behandel met bestraling en ses kursusse chemoterapie. Volgens Nel, het sy alles goed verdra en is sedertdien al amper 20 jaar in remissie. “Sy is ‘n voorbeeld van hoe kanker oorwin kan word,” sê Nel. Tannie Sannie, wat haar 92ste verjaarsdag eersdaags vier, vul gereeld blokraaisels in en boer nog met Bonsmaras. Sy het drie kinders, sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders. Sy deel haar geheim van die lewe en glo dat mens fisies besig moet bly omdat dit goed vir die liggaam en siel is. “Drink baie water en vermy suiker want dit voed kanker,” sê Holtzhausen.  

Mans staan ook ‘n gevaar om borskanker op te doen. Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan meer doeltreffend behandel word met ’n groter kans op herstel. Al voel jy nou gesond, staan jy nog steeds ʼn kans om borskanker te ontwikkel omdat jy ’n vrou is en ouer word. Gereelde ondersoeke gee egter gemoedsrus – vroegtydige opsporing kan jou lewe red. Wees bewus van hoe jou borste normaalweg lyk en voel. Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk met jou gesondheidspraktisyn. Baie vroue ondervind dat hul borste soms knopperig voel – dit is normaal. As jy egter ’n verandering in jou borste of armholtes opmerk, vra jou gesondheidspraktisyn om ’n kliniese borsondersoek (KBO) te doen. Indien jy ’n knop in jou bors ontdek of bewus raak van enige ander abnormaliteite, besoek gerus jou naaste hospitaal of kliniek. 
Die beste plek vir meer inligting en ondersteuning oor borskanker is om die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (KANSA) te kontak. Hulle webtuiste beskik oor ʼn groot databasis van inligting oor ondermeer borskanker. Besoek hul webtuiste by www.cansa.org.za of skakel hul hulplyn by 0800 22 66 22.