Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: ‘n Staatmaker-Brahmanbul van Kroon Vee-Brahmanstoetery van Vryburg is tydens ‘n onlangse aanlynveiling van meer as 60 kopers vir 50 % aandeel verkoop. 
“Om ‘n staatmaker-bul te laat gaan is nie maklik nie..Dit het my seer gemaak,” sê Jan van Zyl, eienaar van die stoetery.

Die stoetery het onlangs hulle eerste winterveiling aangebied, waartydens 50 % van ‘Buffel’, die koning van Kroon Vee vir R 250 000 aan Leon van der Merwe van Advantage-Brahmane van Howick in KwaZulu-Natal verkoop is. “Buffel was ‘n ernome kalf van kleins af en sy teelmateriaal is iets besonders,” sê Van Zyl. “Ek het die hele tyd stryd meet myself gegehad voor hierdie veiling, want ons het eintlik die bul in ons eie kudde nodig,” het Van Zyl genoem. “Maar ek het ook die uitgangspunt dat alles wat ek produseer wil aanbied vir die mark. Daarom het ek ingestem om Buffel op die veiling te sit vir ‘n 50%-fisiese besit van die bul. Ek is dankbaar dat Leon van der Merwe die aandeel gekoop het. Buffel gaan nou vir twee jaar na hom toe, dank om hy weer vir twee jaar terug na my toe, dan weer vir twee jaar na Leon en so gaan di twerk.” “Albei van ons het dus die kans om die bul fisiek op ons plase te gebruik. In my geval is kunsmatige inseminasie maar’n uitdaging, want ons boer groot en ekstensief. Daarom is die fisieke behoud van Buffel vir my so belangrik en ek is baie bly dat ‘n gehalte-ou soos Leon, wat net so lief vir die bul gaan wees, die aandeel gekoop het,” sê Van Zyl. Liebenberg het aangedui dat hy eersdaags al met die voorbereiding vir die inseminasieproses op sy plaas Rietpan en Kruidfontein in die omgewing van Lichtenburg geleë is. Liebenberg het ook genoem dat die semen ‘n goeie teelmateriaal van sy kudde sal komplimenteer en hy wil veral die manlikheid, met die manlikheid van Buffel, van die bulkalwers verbeter. Van Zyl sê hulle het besluit om vir die eerste keer ook ‘n winterveiling te hou, omdat hulle kudde so uitgebrei het. “Ons kudde het die afgelope paar jaar so vergroot, dat ons somerveiling te lank geraak het,“ brei Van Zyl uit. “Dit is algemeen bekend dat jy jou diere van wes na oos moet skuif voor die volgende reënseisoen, want die diere pas net makliker aan as hulle daar is wanneer die reënseisoen begin,” sê Van Zyl. Van Zyl sê sy uitgangspunt was nog altyd dat diere net werd is wat mense op die dag van ‘n veiling beredi is om vir hulle te betaal en hulle was weereens gelukkig om ‘n 100%-verkoopsyfer te haal, nes hulle veiling wat in November 2023 gehou is. Van Zyl sê hulle sal voortgaan om soos altyd hulle somerveiling in November te hou en dan ook hulle winterveiling in Mei. “Ek glo dit sal vir die volgende 30 jaar plus geld,” sê Van Zyl. Die tweede beste prys van R 280 000 is behaal deur die bul Tank wat 100% te koop was en deur Johan Nel van die Stella-omgewing aangekoop is. Die gemiddeld vir wit bulle wat tydens die veiling verkoop is, was R 107 714 met die hoogste van R 280 000. Die gemiddeld vir rooi bulle was R 66 400 met die hoogste prys R 100 000 en die gemiddeld van wit verse was R 51 159 met R 130 000 die hoogste.