Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die eerste rugbyspan van 1971/72 van Hoërskool Vryburg en hulle gades het op Saterdag, 25 Mei bymekaargekom vir ‘n heerlike reünie en kuiernaweek by Klondike Lodge in Vryburg.  Die rugbyspan het in sy tyd geen gelyke in skolerugby gehad nie.

Hulle rekords as span is as volg: In 1970 het hulle slegs een wegwedstryd teen Voortrekker Bethlehem 9-6 verloor. In 1971 vlieg die span na Paarl Gimnasium en verloor 32 -15. Daarna wen hulle tuis teen Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp met 8-3. Monnas was 1971 die wenners van die Administrateursbeker in Transvaal. Die span het ook teen Hoërskool Helpmekaar, Johannesburg 27-4 gewen. In 1972 wen die span 24-4 teen Potchefstroom Volkskool. Volkies was die 1972 Administrateursbeker wenner. Hulle het toe ‘n tuiswedstryd teen Hoërskool Witrivier gewen en ‘n wegwedstryd met 21-9 teen Kimberley Boys High gewen. Daarna het hulle ook ‘n tuiswedstryd teen Kalahari Hoërskool met 14-7 gewen in die Sebbabeker. Hulle wen ook al die sirkel wedstryde asook teen ‘n uitnodigingspan van die Noordelike skole. Na al die staaltjies, grappe, baie lag en huil,is daar besluit om oor drie jaar weer ‘n soortgelyke byeenkoms te hou. In die afgelope vyf jaar is daar reeds vier van die span se spelers en ‘n vorige afrigter oorlede.