Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-CHRISTIANA: Op Sondag 16 Junie 2024 het die lewens van mense ingrypend verander na ‘n ongeluk op die pad tussen Jan Kempdorp en Christiana plaasgevind het wat die lewe van vier volwasse insittendes geëis het. 

Nico Venter, sy verloofde Sammy-Jo Christie en Sammy se ma, Debbie Christie is in die een voertuig dood asook die bestuurder van die ander voertuig, waarmee hulle reg van voor gebots het, is dood. Twee kinders, Mia en Dean Venter, het wonderbaarlik die ongeluk oorleef. 
Bestuurder van Vaalharts Distrik Landbou Unie, Christelle Stoman sê afgesien van die tragiese omstandighede met vier persone wat in die ongeluk oorlede is, het daar ook ‘n storie van naasteliefde en omgee ontvou. Stoman vertel van Muckey Tshonto wat ‘n geleentheid saam met vriende gekry het en oppad was na haar huis in Valspan in Jan Kempdorp. Oppad terug, het hulle op ‘n ongelukstoneel afgekom. Hulle het stilgehou by die toneel. Daar was reeds verskeie voertuie, maar nog geen mediese of enige nooddienste op die toneel. Daar was ook geen selfoon seine om iemand te kon bel nie. 
“Tshonto en haar bure se kind, graad 10 leerling, Bongani Ntozini, het uitgeklim en na die toneel gestap,” vertel Stoman. Hulle hoor toe ‘n kind in Afrikaans uitroep ‘help my’. Bongani het met sy selfoon se flitslig in die gras langs die pad rondgesoek en op ‘n vyfjarige dogtertjie, afgekom. Hulle het nog ‘n stemmetjie gehoor en ‘n eenjarige seuntjie ongeveer 15 meter verder gekry. “Tshonto se moedersinstinkte het dadelik ingetree en sy het die eenjarige in haar arms opgetel,” sê Stoman. Motsamai, wat ook in hul voertuig was, het met die vyfjarige na haar gestap. Stoman sê omstanders het vir Tshonto gesê om nie die kinders op te tel en eerder te wag vir die ambulansdienste, maar sy het gevoel sy moet die kinders so gou as moontlik by die hospitaal kry. Intussen het haar vriende gery. Sy vra toe vreemde omstanders om haar en die kinders na die hospitaal in Jan Kempdorp te neem. Een van die drie mans het die vyfjarige geneem terwyl sy die eenjarige heeltyd in haar arms gehou het. “Tshonto sê sy het heeltyd gebid dat hulle nie iets moet oorkom as gevolg van haar besluit om hulle op te tel en te vervoer, maar sy kon hul nie net daar in die gras langs die pad laat lê nie,” sê Stoman. By die hospitaal is die kinders na ‘n saal geneem. Daar het Tshonto die hospitaalpersoneel ook in kennis gestel van die ongeluk. 
“Sy het heeltyd by die hospitaal gewag totdat familielede van die kinders in die oggendure opgedaag het. Die sekuriteit van die hospitaal het gereël dat Tshonto huis toe geneem word. Mia en Dean is oorgeplaas na ‘n hospitaal in Kimberley en sterk tans goed aan,” sê Stoman. Stoman vertel dat Muckey Tshonto ‘n enkelouer met twee kinders van twee jaar en sewe jaar oud is. “Sy sien elke dag, saam met haar broers en suster se kinders, om na nege kinders. Twee van hulle is ook in haar pleegsorg geplaas,” sê Stoman. Stoman het vir Tshonto geloof vir haar waaksaamheid oor die weerlose twee kinders wat geliefdes in ‘n ongeluk verloor het. 
“Die Landbou Unie, spreek hul sterk uit oor onaanvaarbare vlakke van dronkbestuur wat die oorsaak is van 90% van die plaaslike ongelukke. Daar is geen wetstoepassing, met geen verkeer sigbaarheid na ure op die besige roetes nie. Ons is ook gereeld met Sanral (N18) in kontak om bykomende pad veiligheidsmaatreels aan te bring,” sê Stoman. Stoman sê dat hulle ook dankbaar is vir hulle eie Vaalharts EMS & Rescue eenheid wat altyd eerste op die toneel is. “‘n Span vrywilligers wat hul eie tyd en onkostes opoffer om die gemeenskap te dien,” sluit Stoman af.