Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-HARTSWATER: Die gemeenskap in die omgewing van Harstwater, Vaalharts en Jan Kempdorp-omgewing het die afgelope paar maande ernstige ongelukke op die paaie ondervind, veral op die N18 wat in en om Hartswater is. 

VF Plus-raadslid in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit, Rickus te Baerts sê dat nog een lewensverlies op die paaie een te veel is. 
Op Vrydagraand, 28 Junie, omstreeks 19:30 was daar ‘n motorongeluk in Hartswater. Volgens inligting het dit plaasgevind by die kruising van DF Malan- en Swartstraat in Hartswater. 
Twee persone is oorlede, een op die toneel en die ander persoon later in die hospitaal. Vier ander persone het beserings opgedoen waarna hulle gehospitaliseer is. Te Baerts sê volgens ooggetuies het die bestuurder te vinnig gery en ‘n rooi lig verontagsaam. 
“Hy het in ‘n groep mense, wat by bankies buite ‘n slagtery gesit het, vasgery. Die bestuurder het op die toneel erken dat hy nie ‘n geldige bestuurslisensie het nie. Daar is ook ‘n sterk vermoede dat die persoon onder die invloed van alkohol of dwelms was,” sê Te Baerts. “Ek het die hospitaal besoek om na die slagoffers om te sien. Daar het ek ‘n hartseer situasie teëgekom waar hospitaalpersoneel die beseerdes in pyn laat rondloop het. Ek het self ‘n rolstoel gaan haal om een van die dames na die X-straal kamer te neem. 
Dis egter nie goed deur sommige van die hospitaalpersoneel ontvang nie,” vertel Te Baerts. Te Baerts sê hulle grootste probleme op die paaie in die omgewing is omdat daar nie genoegsame verkeerspersoneel is weens onvoldoende befondsing. 
Hy vertel dat ‘n ander probleem wat ongelukke veroorsaak is die feit dat motoriste alle verkeersligte en verkeerstekens verontagsaam. “Ons het die oggend van 28 Junie saam met die Vaalharts Belastingbetalersverniging ‘n vergadering met die munisipaliteit en verkeersdepartement gehad en spoedkameras en ander maatreëls aangevra sodat sulke voorvalle in die toekoms voorkom kan word. Ons het ook gevra vir refelkteerders op die paaie, veral by die brug waar jy ingaan na Hartswater toe,” sê Te Baerts. Te Baerts sê hulle het al op ongelukstonele gesien dat drankmisbruik ook ‘n bydraende faktor van ongelukke kan wees. 
Die ingang na Hartswater by die brug het geen straatligte nie en verswak die sigbaarheid in die nag vir motoriste. 
“Ons dink ook aan die personeel van KFC Hartswater en almal wat geliefdes aan die dood afgestaan het weens ongelukke in ons omgewing en persone wat deur hierdie tragiese voorvalle geraak is,” sluit Te Baerts af.