Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Thu, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rusoord Ouetehuis in Vryburg is ‘n nie-winsgewende organisasie wat fokus om ‘n veilige en huislike omgewing vir bejaardes te skep.

Rusoord is die inwoners se tuiste en vir baie ook hulle laaste woonplek op aarde. Dit is dus vir die bestuur en personeel van Rusoord Ouetehuis belangrik om na elke inwoner se basiese behoeftes om te sien. Hulle het tans ‘n groot behoefte aan die volgende: toiletware soos lyfseep, lyfroom, weggooibare skeermesse, roll-on (mans en dames), waslappe, sjampoo. Hulle het egter nog redelik genoeg tandepasta. Hulle benodig altyd kosprodukte ook om vir die bejaardes daagliks ‘n voedsame bord kos te kan voorsien. Skenkings van bogenoemde artikels sal opreg waardeer word en kan afgelewer word by Rusoord Ouetehuis, Elandweg 12, Vryburg of dit kan opgetel word. Indien u enige navrae het, skakel gerus die bestuurder, Mnr Gerhard Kühn by 082 495 3303 of die kantoor by 076 574 8534.