Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Fri, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KATHU: Die AfriForum-tak in Kathu het op 12 Junie begin om sy eerste noodwaterpunt op dié dorp tot stand te bring. 

Hierdie noodwaterpunt gaan by die Kathu-brandweer opgerig word vir wanneer die gemeenskap gebuk gaan onder ’n watertekort. Dit is die eerste 2 500 liter-tenk met ’n kraan op die brandweer se perseel vir noodgevalle, waaronder beurtkrag en gebarste waterpype, wat veroorsaak dat inwoners se krane leegloop. Die Kathu-brandweer stel nie net die spasie aan AfriForum beskikbaar om die noodwatertenk op sy perseel op te rig nie, maar onderneem ook om die tenk vol water te hou. “AfriForum se Kathu-tak beplan om nog tenks en noodwaterpunte in die dorp op te rig,” sê Johan Snyman, AfriForum se voorsitter van dié tak. AfriForum bedank die Kathu-brandweer vir hul onbaatsugtige werk in die omgewing.