Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: ‘n 50-jarige man het Maandag, 13 Mei in die Vryburg landdroshof verskyn vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde vuurwapen en regsverydeling. Volgens polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone is die verdagte, wat by ‘n vuurwapenhandelaar in Vryburg werk, Vrydagaand, 10 Mei 2024 in Vryburg gearresteer terwyl hy probeer het om ‘n vuurwapen, wat in April vanaar in Bela-Bela, Limpopo gesteel is, aan die vuurwapen se wettige eienaar te verkoop.  

Daar word beweer dat die verdagte die wettige eienaar gekontak het, in ‘n poging om die vuurwapen weer aan die eienaar te verkoop. Die eienaar se regsverteenwoordiger het bewus geword dat die verdagte in besit van die gesteelde vuurwapen was, en het lede van die polisie se Vryburg K9-eenheid en Bela-Bela speurders met die saak betrek. Volgens Mokgwabone het die wettige vuurwapeneienaar, met sy aankoms in Vryburg, met die polisie vergader en het daarna die verdagte by die handelaar se perseel ontmoet. Mokgwabone noem verder dat die verdagte, wat volgens inligting ook die bestuurder van die handelaar is, die vuurwapeneienaar se vermoedelike wettige vuurwapen aan hom getoon en het R45 000 vir die wapen versoek. Dit was in daardie stadium dat lede van Vryburg K9, Sigbare Polisiëring Vryburg en lede van die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum (LCRC) die verdagte in hegtenis geneem het. Daar is beslag gelê op die vuurwapen ter waarde van R160 000. Die verdagte, wie se naam bekend is aan die Stellalander, het borg van R 5 000 ontvang tydens sy eerste hofverskyning op 13 Mei, waarna die saak uitgestel is na 28 Junie vir verdere ondersoek. Sy naam word egter weerhou, omdat die ondersoek nog in ‘n sensitiewe stadium is. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena het almal wat betrokke was, geloof vir hul samewerking wat tot die sukses gelei het.