Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Kierie Engelbrecht (67) het vroeg in 2024 uitgevind dat hy terminaa l siek is en het vanaf Maart al meer verswak. Hy is op 12 Mei in die hospitaal oorlede. 
Sy liefde en passie vir rugby was iets besonders. Hy was ‘n mentor vir baie en ‘n Vryburg Rugby Klub legende. Sy kennis van die grondwet van ‘n klub en administrasie van ‘n klub was uitsonderlik.

Hy het die Unie en klub se grondwet woord vir woord geken. Vir plattelandse rugby het hy altyd baklei - ‘n ding was of reg of verkeerd en daar was nie sprake van ‘n grys area nie. Kierie dien vanaf 1981 tot 1994 op die uitvoerende komitee van Griekwaland-Wes Rugby. 
Hy ontvang ook Griekwaland-Wes kleure vir administrasie. Hy word verplaas na Venda waar hy die bestuur van Venda Atletiek hanteer en in 1995 verwerf hy Venda Nasionale kleure in atletiek administrasie. In sy weermag loopbaan is hy as administrateur en spanbestuurder by beide rugby en krieket betrokke en verwerf hy S.A.W Nasionale kleure goud in beide rugby en krieket. Voordat hy die kleure kon ontvang moes hy vir 10 jaar ononderbroke as administrateur met silwer kleure dien. Gedurende die tyd verwerf hy Nasionale S.A Rugby kleure as bestuurder vir die S.A Presidents 15-tal gedurende die S.A Rugby eeufeesvieringe. Kierie was vir die meeste jare van Vryburg Rugby Klub se bestaan, daar betrokke en is in 1997 verkies as voorsitter van Vryburg Rugby Klub en van 2001 tot met sy afsterwe, was hy die president van die Vryburg Rugby Klub. Kierie het in November 2019 ‘n “badge carrier” ontvang van die Luiperds Rugby Unie vir sy diens ten opsigte van rugby en in April 2021 ontvang hy erekleure van die Luiperds Rugby Unie vir rugby administrasie. Kierie was ook van September 2011 tot 2020 die bestuurder van Rusoord Outehuis in Vryburg en was van Augustus 2023 tot en met sy afsterwe, lid van Rusoord se bestuursliggaam. Rusoord en sy inwoners was Kierie se lewe, waar hy al soggens voor 06:00 aangemeld het, om die inwoners se welstand te verseker. Daar het hy ook geen grys areas gehad nie en het geglo dat alles swart of wit is. Kierie het sy posbeskrywing as bestuurder met passie en absolute presisie uitgevoer. Hy was ‘n groot man, maar met ‘n klein, sagte hart.