Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Sat, Apr

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Atlete van Hoërskool Vryburg het op Dinsdag, 11 Maart, aan die nuwe Track en Field-kompetisie deelgeneem en puik presteer. 
Hierdie kompetisie funksioneer volgens ‘n punteformaat, waar atlete punte verdien op grond van hul posisie in spesifieke items, insluitend 100m, 200m, 400m, 800m, 1500m, 4 x 100m aflos, Sweedse aflos, verspring, gewigstoot en spiesgooi.

Die wenners van elke provinsie kwalifiseer vir die finaal in April in Johannesburg. ’n Volledige span bestaan uit 20 seuns en/of 20 meisies. Hoërskool Vryburg kon ongelukkig slegs nege van die 20 meisies stuur. Ten spyte hiervan het die seunspan oorheers en die algehele eerste plek verower met ‘n indrukwekkende 842 punte. Potchefstroom Gimnasium was tweede met 493 punte, terwyl Moyo Educators Skool derde geëindig het met 390 punte. Die meisiesspan het met hul nege atlete uitstekend gevaar en ‘n tweede plek behaal met 402 punte. Potchefstroom Gimnasium het eerste geëindig met 519 punte, en Moyo Educators Skool derde met 283 punte. Die talentvolle atlete sien uit na hulle deelname aan die finaal in Johannesburg.