Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Sat, Apr

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-KURUMAN: Donna Jacobs was ‘n gasspreker tydens ‘n gekombineerde Openbare Sake en Gesondheid-vergadering wat onlangs deur VLV Kuruman-tak gehou is. 
Donna het haar persoonlike ervaring gedeel oor hoe haar gesin epilepsie hanteer. Haar oudste seun ly aan Afwesigheids-epilepsie, waar ‘n persoon se blik vir ‘n onbepaalde tyd gefokus bly op ‘n voorwerp of die horison. Haar jongste dogter het van babadae af Kloniese-aanvalle ervaar, ‘n ernstige vorm van epilepsie wat verlies van bewussyn, rigiditeit en stuiptrekkings insluit. Sy beklemtoon dat elke tipe aanval ‘n unieke ervaring vir die kind is, beide fisies en neurologies, en dat ouers en versorgers dikwels onvoorbereid is vir wat kan gebeur.

Daar is ‘n paar tipiese simptome waarna ‘n mens kan oplet: Verwarring of omsamehangende spraak; Onwillekeurige rukbewegings in die arms en bene; Verlies van bewussyn of bewustheid; Abnormale sensasies soos gevoelloosheid in hande/voete; ‘n verhoogde smaak of reuk; ‘n metaalsmaak in die mond en emosies van vrees of angs. Vir ‘n diagnose kyk dokters na die pasiënt se mediese geskiedenis en voer hulle verskeie toetse uit, insluitend bloedtoetse, EEG’s, MRI- en CT-skanderings. Epilepsie kan nie genees word nie, maar die simptome kan bestuur word sodat ‘n persoon ‘n normale lewe kan probeer lei. Donna deel haar strategieë om epilepsie te hanteer:
Vermy snellers soos stres en alkohol
Handhaaf ‘n gesonde slaaproetine
Volg ‘n gebalanseerde dieet om die frekwensie van aanvalle te verminder
Bly fisies aktief
Haar boodskap aan ander ouers en versorgers is om ingelig en voorbereid te wees, sodat hulle hul geliefdes die beste moontlike ondersteuning kan bied.