Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
31
Mon, Mar

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Vrydag, 14 Maart, is Wêreld Kwiltdag gevier, en in dié gees was Vryburg se Vroue-Landbouvereniging (VLV) bevoorreg om ‘n besonderse kwilt deur die bekende kwiltkunstenaar Maretha Fourie te besigtig. 

 

Die kwilt is op Donderdag, 6 Maart, tydens die 92ste Sirkel Kalahari Konferensie by Klondike Lodge in Vryburg vertoon. Heléne Steyl, ‘n vriendin van Maretha en die dag se spreker, het die kwilt saamgebring en die storie agter die meesterstuk gedeel. 
Maretha Fourie, wat op 4 Junie 2025 haar 90ste verjaardag vier, is steeds aktief betrokke by kwiltwerk. Sy het ‘n reuse-bydrae gelewer tot die bevordering van kwiltwerk as ‘n kunsvorm en vaardigheid in Suid-Afrika. In 1984 het sy selfs ‘n kwilt vir die Pous gemaak en verskeie boeke oor die kuns van kwiltwerk geskryf. 
Die kwilt wat vertoon is, is ‘n bewys van haar vernuf en kreatiwiteit. 
Elke stuk materiaal dra ‘n storie en weerspieël jare se deeglike handwerk. Dit is voorwaar ‘n kunswerk met ‘n diep persoonlike betekenis.