STELLALANDER- PIET-PLESSIS: Die Molopo Bovelders het hul agste boeredag op Dinsdag, 11 Maart met groot sukses op Plaas Springbok in die Piet Plessis-distrik aangebied.
Die dag se tema, ‘Weiding Sukses’, het boere van regoor die streek byeengebring, met Dr. Louis du Pisani as die gasspreker. Met sowat 60 boere, sommige van so ver as die Vorstershoop-omgewing, was die dag ‘n platform vir nuwe idees, waardevolle kennis en inspirerende gesprekke. Die Molopo Bovelders se doelwit met hierdie byeenkoms is om boere te bemagtig en ‘n gesamentlike leergeleentheid te skep, en dit is beslis bereik. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan die ruimhartige borge wat die dag moontlik gemaak het, asook aan die boere wat met soveel entoesiasme deelgeneem het. Bo alles word dank gebring aan die Here vir Sy seën en genade oor die dag.