Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
19
Sat, Apr

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-HOUMOED: Die Houmoed-tak het tydens die 2025 Verwesstreek Konferensie besonder goed gevaar en in verskeie kategorieë spogposisies behaal. 

Hul inskrywings het nie net kreatiwiteit en vaardigheid ten toon gestel nie, maar ook die vrug van toegewyde voorbereiding en spanwerk. 
Prestasiehoogtepunte sluit in: Borduurwerk (Kort- en Langsteek Masjienwerk): 1ste plek; Sommersoggendrok (Masjienwerk): 5de plek; Handbreiwerk (Wasvadoek): 6de plek; Hekelwerk (Loodglashekelwerk): 3de en 4de plek; Handvlyt (Kaasbord met Houtbrandwerk): 4de plek; Fotografie (Straattoneel): 4de en 6de plek; Skryfkuns (“Toe het die dors gekom”): 3de en 5de plek; Skilderkuns (Seetoneel in Akrielverf): 1ste, 2de, 4de, 5de en 6de plekke en Blomme (Hout, Klip en Kleur): 2de plek. Spesiale toekennings: Verwesstreek se mees uitstaande artikel op die konferensie was toegeken aan Vicky Blom met ‘n merkwaardige 90%. Tydens die Verwesstreek verkiesing van die nuwe streeksakel is Mariaan Eilerd verkies.
 Die tak se deelname het weereens ‘n merkwaardige indruk op die Konferensie gemaak. Die prestasies getuig van die harde werk, kreatiewe talent en samewerking onder lede van Houmoed.