Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

TELLALANDER-WOLMARANSSTAD: NWK van Wolmaransstad het vir die Houmoed tak ʼn groen dag aangebied op Donderdag, 12 Junie te Cafe Camelia in Wolmaransstad. 
Die verteenwoordigers van NWK wat die dag vir die takklede aangebied het, is Joanie Coen en Ezelle Klue.

Die spreker was Francois Botha van Protek. Joanie en Ezelle het vir hulle kom wys wat daar by NWK in Wolmaransstad gekry word om hulle lewens te vergemaklik. Pragtige velskoene vir hulle volgende uitstappie en ʼn mooi kleurvolle “Chef enamel” pot vir ‘n volgende kuier. Daar is dus produkte van skoene, potte, truie tot gif en nog soveel meer. ‘n Interessante vraag vir die oggend was “Het julle dalk gif vir slange” met ʼn antwoord vol humor; “Nee, maar NWK verkoop ‘Lashers’, pikke, grawe en nog meer.” Organiese kunsmis is baie goed vir die plante in die winter, chemiese kunsmis brand die plante in die winter. Wanneer jy kunsmis kies kyk na die kleur van die sak - dit sal jou help om die regte produk vir die regte probleem te koop, groen sakke vir blare, pienk en pers sakke vir blomme en oranje sakke vir wortels. Tydens die oggend het Protek aan elke vrou ʼn geskenkie gegee.