Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die landbou-organisasie TLU SA is trots op die land se kommersiële boere en wil elkeen gelukwens met bydrae tot ekonomiese groei in die eerste kwartaal van die jaar. 

Die landbousektor het weereens sy veerkragtigheid bewys en as ‘n stabiliserende krag in Suid-Afrika se wankelende ekonomie opgetree, met ‘n indrukwekkende groei van 13.5% in die eerste kwartaal.

Dit terwyl die algehele ekonomie in dieselfde tydperk met 0,01% gekrimp het. 
Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA het die seisoenale prosesse waardeur landbou deurlopend gaan, tesame met klimatologiese uitdagings, veroorsaak dat die sektor van kwartaal tot kwartaal besonder goed kan presteer, om dan in die volgende kwartaal weer swakker te presteer. 
Daarom is dit noodsaaklik om landbou se bydrae op ‘n holistiese wyse te beskou. 
Dit is nie net die BBP-syfers wat bepalend is nie; die strategiese noodsaaklikheid van ‘n suksesvolle landbousektor moet beslis ook in ag geneem word wanneer landbou se bydrae tot ‘n gesonde ekonomie ondersoek word. “Voedsel op die tafel kan gesien word as die olie wat die ekonomiese ratte van alle sektore laat funksioneer,” sê van Zyl. “Neem die kos weg, en anargie sal losbars en geen sektor sal funksioneer nie.” Suid-Afrika staan op die vooraand van ‘n herskommeling van die politieke magte wat bepalend is in die vorming van beleid. Die afgelope 30 jaar was daar eenvoudig te veel ideologie in die bepaling van landboubeleid en te min ekonomie, meen TLU SA. “Landbou presteer goed ten spyte van ‘n uiters onseker beleidsomgewing, sowel as inmenging van regeringskant in aspekte wat deur die markkragte gereguleer behoort te word. 
Die winsgewendheid in verskeie kommoditeite ry gereeld wipplank, wat individuele boere onder uiterste druk plaas,” sê Van Zyl. “Voeg die klimatologiese veranderlikes by, en dit word duidelik hoe groot die risiko is vir die landbou in sy geheel.”
 TLU SA beklemtoon opnuut dat die waarde van elke kommersiële boer hoog aangeslaan moet word, gegewe die strategiese belangrikheid van kos op die tafel vir ons land. Dit is veral die regering wat dit in beleid en praktyk met ondersteuning moet tentoonstel.