Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-WOLMARANSSTAD: Tydens die Verwesstreek VLU vergadering op Woensdag, 5 Junie te Wolmaransstad is daar omtrent koppe gekrap met die beplanning van die Kongres in Augustus. 
Beplanning, kompetisie, nominasie, elfies projek en nog meer. 
Die tak het deelgeneem aan die Miami Kompetisie. Die streek wenner vir die brood met die beste kinkel is Tillie Dupper van die Delareyville tak.

Die streek wenner vir die sous met die beste “twist” is Lientjie Kotze van Delareyville tak. Kompetisie tyd van ‘n ander aard. Die fondsinsameling lootjies is verkoop en die wenners is aangekondig tydens die vergadering. Die Verwesstreek neem deel aan die SAVLU Elfie projek, en spog alreeds met ‘n hele paar Elfies. Die koue is hier ruk daai breipenne uit en brei ‘n Elfie.