Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
23
Sun, Feb

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-MONTSHIWASTAD: Waaksaamheid van die Mahikeng Openbare Orde Polisie (POP) het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 58-jarige man op Vrydag, 31 Januarie 2025, vir die besit van vermoedelik gesteelde vee. 
Die polisie het roetinepatrollies langs die N18 (Vryburg/Mahikeng)-pad uitgevoer toe hulle ’n wit Toyota Hilux-bakkie met ’n kappie naby ’n vulstasie in Montshiwastad opgemerk het.

Ná ‘n stop en deursoeking van die voertuig het die beamptes 18 bokke gevind. Die bestuurder, wat alleen in die voertuig was, is gearresteer nadat hy nie ‘n bevredigende verduideliking oor die bokke ter waarde van R27 000 kon verskaf nie. Tshokolo Kolobe het op Maandag, 3 Februarie 2025, in die Molopo Landdroshof in Mmabatho verskyn en is in aanhouding gehou. Hy sal op Maandag, 10 Februarie 2025, weer in die hof verskyn vir ‘n borgtogaansoek. Die ondersoek duur voort. Die Waarnemende Provinsiale Polisiekommissaris, Majoor-Generaal Patrick Asaneng, het die polisiebeamptes geprys vir hul waaksaamheid wat tot die suksesvolle arrestasie gelei het.