STELLALANDER-VRYBURG: Die Noord-Wes tennisproewe was oor ‘n reeks naweke in Oktober en November in Klerksdorp aangebied.
Verskeie entosiastiese tennisspelers van 0/10 tot 0/16 van die provinsie het aan die proewe deelgeneem om hulle posisies in die NW-span vir 2024 te verseker. Die o/16-proewe is 14 en 15 Oktober gehou met 42 deelnemers. Ruan Delport (2), Vernelee Oberholzer (1), Ané Putter (17), Ansuné van den Bergh (12) en Elmé Kruger(18) het hulle onderskeie posisies behaal. Op 21 en 22 Oktober is die o/14-proewe vir seuns en meisies gehou met 41 deelnemers. Divan Reinecke (6), Reinardt van Vuuren (21), Janco Niemann (10), Tristan le Roux (25), Sylvern Oberholzer (32), Amolé Viljoen (18), Karli Janse van Vuuren (13) en Nina Venter (3) het baie goed gevaar. Die o/19-proewe is op 27 en 28 Oktober gehou met 23 deelnemers. Vernelee Oberholzer (1), Carla van den Berg (10) en René Schlebusch (5) het deelgeneem en goeie uitslae verkry. Die o/12-proewe is op 4 en 5 November gehou met 56 deelnemers. Franco van Vuuren (27), JP Delport (2), Eduan Reinecke (7), Lombard Labuschagne (21), Andrew Garnett (30), Inez Esterhuizen (20), Ingrid Reyneke (5) en Layla Viljoen (2) het in onderskeie posisies geëindig. Op 11 November is die proewe vir o/10-spelers gehou met 61 spelers. Joe van Eeden (1), Luca Lotriet (11) en Suzaan Oertel (15) het deelgeneem.