Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-DELAREYVILLE: In ‘n poging om onwettige ekonomiese aktiwiteite te onderdruk, het ‘n misdaadintelligensie-gedrewe operasie deur Lichtenburg K9 –eenheid en Delareyville polisie gelei tot die aanhouding van ‘n 43-jarige Pakistanse-burger vir die besit van onwettige sigarette op Donderdag, 23 Mei. 

Volgens inligting is ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging verkry nadat inligting oor vermoedelike onwettige aktiwiteite by die verdagte se plek in Delareyville ontvang is. Tydens die soektog het die polisie ‘n groot hoeveelheid onwettige sigarette met ‘n geraamde straatwaarde van R4,5 miljoen in ‘n stoorkamer ontdek. Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en het na verwagting Maandag, 27 Mei voor die Delareyville-landdroshof verskyn.