Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die AfriForum-tak in Vryburg het op Dinsdag, 15 Oktober, Springbokweg in Vryburg, nuwe lewe gegee as deel van die organisasie se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek.
 Die tak het meer as 20 slaggate met 500 kg se teer in dié straat herstel, asook die padmerke van die vierrigtingstopstraat en die spoedhobbel voor die CVO-skool oorgeverf.  

Die kostes van hierdie projek wat R10 000 beloop, is in samewerking met Herotel aangepak. Hierdie projek volg op ’n besige Oktober tot dusver vir die Vryburg-tak, wat ook al 1,2 hektaar se gras in die dorp gesny het, om sigbaarheid en veiligheid te verbeter. “Die AfriForum-tak in Vryburg het die projek in Springbokweg aangepak, omdat hierdie pad in ’n geweldige slegte toestand was. Dit was ook belangrik om die spoedhobbel voor die CVO-skool oor te verf, om motoriste te waarsku dat hulle stadiger moet ry. Die tak het tot dusver ’n besige jaar gehad en sal aanhou om projekte aan te pak om Vryburg ’n beter en veiliger omgewing vir almal te maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland. Die tak beplan om die oorblywende spoedhobbels ook oor te verf en beoog om ’n soortgelyke projek in ander strate op die dorp aan te pak.