Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die Vryburg Sport en Ontspanningsunie het op Donderdag, 16 Mei by Ramblers Tennisklub in Vryburg die sportpersone toekennings vir 2021, 2022 en 2023 aangekondig. 

Voorsitter van die Ontspanningsunie, Daan Strydom en sekretaresse Riekie van der Nest het die toekenings afgeskop met die oorhandiging van presteerder sertifikate aan onder andere atlete, gimnaste, tennisspelers, sokkerspelers, stoeiers, rolbalspelers en perderuiters vir die onderskeie jare. Hannes van Aswegen het daarna die perdesport trofeë oorhandiging behartig. Mihandri Smit het die junior sportvrou toekenning vir perdesport vir 2021/22 ontvang en Kenzie Gillespie het die 2023 junior sportvrou toekenning ontvang. LJ van der Nest het die junior sportman trofee vir 2021, 2022 en 2023 ontvang en Riekie van der Nest het die senior sportvrou perdesport toekenning vir 2021, 2022 en 2023 ingepalm, met Daan Strydom wat die senior sportman perdesport toekenning vir 2023 ontvang het. 
Mariëtte Brink het daarna voortgegaan en die nominasies vir sportpersone vir algemene sport voorgelees. 
Die senior sportman vir 2023 is Kevin Smithers (hokkie) en die junior sportman vir 2023 is Henrico Kotzee (stoei). Die junior sportman vir 2021/2022 is toegeken aan Keelan Tietus (atletiek). Liza-Mari Olivier het die trofee vir sportvrou administratief vir 2021/2022 en 2023 ontvang, terwyl Hoërskool Vryburg se eerste rugbyspan die senior skolespan toekenning vir 2023 ontvang het.