Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging (NWUFPA) het op Dinsdag, 14 Mei ‘n suksesvolle basiese brandbestrydings kursus in Vryburg aangebied. 
Hierdie omvattende inisiatief is daarop geskoei om grondeienaars, boere, plaaswerkers en inwoners te help om hulle eiendom teen die reuse gevaar wat veldbrande inhou, te beskerm en die impak daarvan te verminder.

Die 114 kursuslede is onder andere ingelig oor maatreëls wat hulle kan toepas om brande te verhoed en hoe om hul eiendom te beveilig. Die gratis geakrediteerde opleidingsprogram het onder andere die volgende hoofpunte ingesluit: Brand voorkoming; Brandbestrydingstoerusting; Brandveiligheid; Maak van voorbrande; Nasorg of te wel “Miskoek patrollie” en Insidentbestuur (Incident Command Systems). Eric Stoch, voorsitter van NWUFPA is van mening dat dit uiters belangrik is vir alle grondeienaars om van die plaasike Brandbeskermingsvereniging (BBV) lid te word. Hierdie siening is deur Dr Kobus Roux, algemene bestuurder van NWUFPA beaam en Roux het verder bygevoeg dat alle staatsdepartemente, staatsondernemings, munisipaliteite en entiteite in staatsbesit (State Owned Enterprises) verplig word om aan die BBV te behoort. Jonno Stoch, regsadviseur en operasionele afdelingshoof (OSC) van NWUFPA, het ‘n lesing oor die wetswysiging en die impak daarvan op grondeienaars gelewer. Al drie sprekers het daarop klem gelê dat daar ‘n moontlike herhaling van verlede jaar se ongelooflike brande kan wees.  Wetstoepassing gaan van dese meer aandag verkry en grondeienaars word gemaan om hul eiendom te beveilig en sodoende die gevaar vir hulself en andere te verminder. Verdere kursusse sal weer aangebied word. Indien iemand belangstel, kan die voorsitter van Agri Vryburg, Stephanie Stols op 072 227 4501 gekontak word.