Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Sun, Dec

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

’n Suksesvolle skoolleier streef daarna om ‘n “leier vir leer” te wees en is ’n strategiese denker. Hierdie leier het deursettingsvermoë en is nie bang om anders te dink oor iets wat spanwerk kan bevorder nie. ‘n Leier is ’n vennoot van die leerders en die opvoeders in die leerproses. Die suksesvolle skoolleier inspireer leerders en deel leierskap, eerder as om gesentraliseer te wees. Twee sulke leiers is Aiden Jonker en Niré Swart, van Hoërskool Vryburg, wat onlangs as die hoofseun en hoofdogter vir 2025 verkies is.

“Ons as leiers wil altyd ons skool se naam hoog hou, deur altyd eerlik, respekvol en nederig in alles te wees. Ons wil hierdie groot voorreg, wat aan ons as leiers toevertrou is koester, deur Hoërskool Vryburg as die beste skool in die Noordwes vir 2025 te lei,” sê Niré en Aiden oor hulle visie as leiers vir volgende jaar. Die hoofleiers van alle skole in die Vryburg-omgewing en Stellalander lesersgebied, word uitgenooi om ook hulle visies as leiers van hulle skole met die koerant en die gemeenskap te deel.