Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
18
Fri, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-BLOEMHOF: Vir die afgelope 40 jaar is dit die voorreg van Bloemhof VLU om die jaarlikse miniskou aan te bied by Japie Kritzinger Tehuis. 
Die miniskou se inskrywings was Woensdag 3 Julie, die besigtiging Donderdag 4 Julie en die prysuitdeling was Vrydag 5 Julie aangebied. Daar was verskeie afdelings waarin daar deelgeneem kon word soos personeel, 60-69jr, 70-79jr, 80 jr en ouer, spesiale afdeling en samesyn.

 

Verskeie mense se werk was uitstaande. Die miniskou skep ‘n geleentheid vir mense in die tehuis, asook gemeenskap van die dorp en omgewing om hulle stokperdjies te beoefen. Die deelnemers het baie uitgesien na die Donderdag tydens die uitstalling, om te sien wie dan watter pryse gewen het. Elke wenner bo 70% het ‘n sertifikaat ontvang asook ‘n klein prys tydens die prysuitdeling die Vrydagoggend. Een van Bloemhof VLU se oudste deelnemers, Doreen Erasmus (83) het weer skoonskip gemaak met die pryse in haar afdeling. Een van die manlike inwoners van Japie Kritzinger Tehuis, het ‘n prent borduur en ‘n eerste prys daarvoor ontvang. Elke deelnemer word geluk gewens, of hulle wel ‘n prys behaal het of nie.