Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Fri, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: In Jeugmaand fokus Vryburg VLV op die ontwikkeling van tieners. 
Die doel van ouerskap is om ‘n volwassene groot te maak wat ‘n aanwins vir die gemeenskap sal wees. Puberteit begin al hoe vroeër, kinders word dus vinniger ryp maar word langer as kinders behandel. Dis ‘n reuse uitdaging om die ouer van ‘n tiener te wees. 

Al sal baie tieners dit nie erken nie, het hulle ‘n behoefte aan standvastigheid en struktuur. Ouers kan ‘n ruimte skep waarin tieners hul denke en sosiale vaardighede kan toets sonder dat hulle gevaar loop om verwerp te word. Volgens Stefanie Minnaar, ‘n pastorale terapeut, ontwikkel die amigdala in die temporale lob van die brein, eers in tienderjare. Dit beheer emosies soos vrees en angstigheid. Ouers weet nie altyd hoe om te reageer op tieners se wisselende emosies nie. Haar raad aan ouers is om stil te bly of humor te gebruik om situasies te ontlont. Dit sal ook verbygaan. 
Die rol van ouers is om tieners te ondersteun en raad te gee. Aanhoudende konflik is baie skadelik vir die ouer/kind verhouding. Om die tiener die vryheid te gee om self te besluit saam met wie hulle wil kuier, sal ‘n groter invloed op hul sosiale lewe hê. Tieners het ‘n groot behoefte om te behoort. Stel egter grense soos dat vriende nooit die verskoning mag wees om reëls te oortree nie. Die prefrontale korteks wat beplanning, besluitneming en sosiale gedrag beheer, ontwikkel eers teen 25-30 jaar wanneer emosies en impulsiwiteit hanteer kan word.