Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Fri, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-STELLA: Welkom by Pronk Primêr, ’n laerskool in ’n klein dorpie, waar ’n wiskunde-onderwyseres, Ada, terugkeer na haar alma mater en waar van haar skoolvriende – Earl, Charl, Driena en Filip – ook onderwysers by die skool is.  Hulle eertydse skoolhoof, Mnr. Welgehawe, is steeds in sy pos.

Die daaglikse lewe en uitdagings wat die onderwysers in die gesig staar, word binne en buite die klaskamer verken. Daar is Charl se pogings om dissipline te handhaaf, liefdesdriehoeke, aanlyn-flankeerdery, inspeksies en Filip se ongemak om gesinsvoorligting aan te bied.
 En dan die kersie op die koek: die groot bal wat vir fondsinsameling gehou word. Pronk Primêr begin op Maandag 1 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), DStv Stream en sal op Catch Up beskikbaar wees. André Velts is die kreatiewe vervaardiger en regisseur en Desiré Gardner is die hoofskrywer. Soné Combrinck is die uitvoerende vervaardiger. Pronk Primêr is by Irene Primary School in Irene, Centurion verfilm. Condré Scholtz, ‘n graad 8 leerder by ‘n plaaslike skool en plattelandse seun van Stella in die Vryburg omgewing speel die rol van Dwayne Benade in die reeks. Condré se loopbaan in die filmbedryf het begin met ’n drie-dag werkswinkel vir kinders en volwassenes in die Vryburg-omgewing wat in Julie 2023 op Stella deur Jacques Gombault van Flutterby Produksies aangebied is. Jacques het almal bietjie touwys gemaak hoe om voor die kameras en agter die kameras op te tree. Elkeen het ook die geleentheid gehad om ’n rol in ’n toneel te speel wat dan verfilm is. Jacques het vir Condré ’n week na die werkswinkel aangebied is, ingelig van ’n rol wat beskikbaar is in 7de Laan en Condré het die geleentheid gekry om ’n oudisie te doen daarvoor. Condré het die rol gekry in 7de Laan as Klein Ben waar hy in drie episodes van 7de Laan in 2023 te sien was. Na 7de Laan het Condré by Talent-ETC agentskap aangesluit wat kunstenaars verteenwoordig en as hul agente optree in die industrie.  Clicks het Condré genader om in hul 2023 Kersfees advertensies te verskyn, waar hy in twee van ‘n reeks van drie advertensies oor Kerstyd te sien was. Condré is later ingelig oor ’n rol wat beskikbaar is in ’n reeks wat deur Sonveltmedia vervaardig word, dit was die rol van Dwayne in Pronk Primêr. Condré het deur die oudisie proses gegaan en daarna het verfilming in Januarie 2024 begin. Nog ’n oudisie het onlangs oor Condré se pad gekom, vir ’n rol in Diepe Waters, waar hy later in die jaar te sien sal wees. Condré speel in Pronk Primêr saam met groot name in die filmbedryf soos Tobie Cronjé, Juanita de Villiers, Pieter Beyers, Solomon Cupido, Laura-Lee Moster en Jaco Muller. “Dit was ’n groot voorreg, en natuurlik baie lekker om saam met bekende mense in ‘n reeks verfilm te word. Op stel werk almal baie hard en almal het my baie tuis en gemaklik laat voel,” vertel Condré. “Die vraag wat ek die meeste kry, is of ek nie op my senuwees is nie... nee glad nie, dit is lekker, jy moet net sorg dat jy jou woorde ken en luister na die regiseur,” brei Condré uit. Condré se eerste fokus is natuurlik nog die skoolwerk en so tussendeur doen hy oudisies soos dit beskikbaar is en geniet elke oomblik daarvan. Hou die kassie dop vir ons plaaslike talentvolle akteur, Condré Scholtz.