Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
14
Sun, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-VRYBURG: Tebogo Makhati (41), ’n inwoner van Huhudi-nedersetting by Vryburg, het op 26 Augustus 2025 ’n mylpaal bereik toe hy uiteindelik sy eerste Suid-Afrikaanse identiteitsdokument in ontvangs geneem het, ná bykans agt jaar se stryd teen administratiewe gesloer. 
Makhati, wat in Dryharts gebore is, is nooit as kind amptelik geregistreer nie. Sy bejaarde ma het destyds slegs ’n kerklike doopsertifikaat ontvang. Sedertdien het Makhati se ma en susters herhaaldelik onderhoude met die Departement van Binnelandse Sake gevoer om sy geboortereg in Suid-Afrika te bevestig. 

Ondanks talle pogings deur sy familie én sy werkgewers, het die proses keer op keer tot stilstand gekom. In Februarie vanjaar het Makhati wel sy amptelike geboortesertifikaat ontvang, maar die aansoek vir ’n identiteitskaart het weer vasgeval in administratiewe probleme. Die vertraging het groot gevolge vir hom en sy gesin gehad. Sonder ’n identiteitsdokument kon hy nie aansoek doen vir ’n RDP-huis vir homself en sy twee kinders, ’n 14-jarige dogter en 10-jarige seun, nie. Twee vorige pogings om ’n ID-kaart te bekom is afgekeur nadat sy besonderhede glo van die stelsel verwyder is. “Ek was bekommerd, want almal rondom my het huise gekry, maar ek kon niks doen nie,” vertel hy. Die deurbraak het uiteindelik gekom toe hy op 26 Augustus weer navraag gaan doen het en tot sy groot verligting die waardevolle kaart in sy hande kon hou. “Nou kan ek aansoek doen vir ’n huis, ’n bestuurslisensie en uiteindelik beter vir my kinders voorsien,” sê ’n trots glimlaggende Makhati.