Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Aan kreatiwiteit is daar by Floret Blommeklub geen perke nie en tydens die Mei-byeenkoms het lede interessante ontwerpe met die tema “Displacement” gerangskik. Met dié tema het lede letterlik “buite die boks” gedink om die blomme en plantmateriaal “te verplaas” en in meesterstukke te laat ontpop.

Donderdag, 20 Junie is Floret se volgende byeenkoms en Liza Tusten van Wisteria Blommeklub gaan demonstrasies oor die korrekte kombinasie van kleur en tekstuur met haar insiggewende blomontwerpe kom lewer.
Nuwe lede en belangstellendes is welkom om Donderdag van 13:30 in die kerksaal van die Hervormde Kerk (oorkant die munisipale kantoor in Brits) saam te kom kuier en meer oor die blommekuns te leer. Vir meer inligting, skakel Sinie Otto by 082 830 0684. (Foto’s verskaf)