BRITS POS – BRITS – Die Brits-gemeenskap het saamgespan om kritieke voerhulp aan droogtegeteisterde plase van boere en gesinne in die Wes-Kaap te ondersteun, in ‘n kragtige vertoning van solidariteit en medemenslikheid.
Deur die toegewyde pogings van Bianca Franz, Noordwes-direkteur van die People of South Africa Foundation NPC, het inwoners van Brits vrygewig ongeveer drie 34-ton vragte lusern geskenk. Hierdie noodsaaklike voorraad is gekoördineer en versend na gemeenskappe in dringende nood, wat broodnodige hoop en verligting bring.
Inbreker, gewapen met byl, loop sy rieme styf
BRITS POS – IFAFI - ‘n Inbreker, gewapen met ‘n byl, het Maandag in Hartbeespoort sy rieme styfgeloop toe die huiseienaar en ‘n buurtwaglid hom betrap en oorrompel het.
Volgens Cindy du Plessis van Ifafi, het ‘n buurman haar ongeveer 14:00 gekontak terwyl hulle uithuisig was en haar meegedeel dat daar ‘n man, gewapen met ‘n byl, in hulle erf is. “Ek het onmiddellik my huishulp gebel en vir haar gesê sy moet op die boonste verdieping bly.
AFRIFORUM BRITS - Word die oë en ore van die gemeenskap
BRITS POS – BRITS – Sien jou Vrydag, 30 Januarie om 18:00 by Model 3 in Carel de Wetstraat, oorkant die Volle Evangelie Kerk – Oase vir dié noodsaaklike Dorpveiligheidsvergadering. Dit is vir almal wat reeds lede is wat in die dorp patrollies ry en op insidente reageer, maar ook vir enigeen wat by die buurtwag betrokke wil raak met patrollies, reageer op insidente, noodhulp kan verleen of oor enige vaardighede beskik om met misdaadbekamping in Brits te help.
Hulp dringend nodig vir HW
BRITS POS – BRITS – HW Botha (18), oud-leerling van Die Hoërskool Wagpos, is tans in die hospoitaal waar hy om sy lewe veg nadat albei sy longe ineengestort het.
Die Botha-familie benodig dringende finansiële hulp, aangesien ‘n deposito van R150 000 nodig is voordat HW die lewensbelangrike operasie kan kry. Daar sal nóg verdere mediese uitgawes na die operasie wees.
Redes hoekom verbruikers pad vat
BRITS POS – BRITS - Met aanhoudende dreigemente aan verbruikers van Eskom af, is dit nou tyd om onafhanklik van Eskom te raak en self te sorg dat jy nóóit weer met die verskaffing van elektrisiteit van Eskom afhanklik gaan wees nie. Dis ‘n skande dat die voormalige Eskom, vroeër van die goedkoopste krag ter wêreld voorsien het en soveel krag voorsien het, dat dit selfs na sub-Sahara Afrika versprei is.








