BRITS POS – BRITS – Daar is ‘n hond, Lucky wat spreekwoordelik met sy stert in die botter geval het. Begin Februarie het Roxanne Wolmarans ‘n verwaarloosde hond in Elandrand opgemerk en die volgende oggend was die hond by die vulstasie in Elandsrand. Roxanne het twee brode gekoop, wat sy neergesit het, want die hond was te bang om naby haar te kom, maar op ‘n afstand het sy gesien hoe hy die brode verslind.
Kospakkies verlig die nood
Die Soetdoringgeleentheidsfonds, onder leiding van Elsa Lourens, het verlede maand met ‘n Kospakkie-projek in Sonop begin om mense in nood by te staan. Dié projek, met die onbaatsugtige hulp en ondersteuning van verskeie besighede en individue in die omgewing, het die afgelope maand van krag tot krag gegaan. Aanvanklik is daar beplan om kospakkies aan 72 behoeftige gesinne te gee.
Massive retail space available
BRITS POS – BRITS - The old Platinum Mall has been revamped! We are pleased to announce that a group of well-seasoned developers have come together and taken it upon themselves to turn the dilapidated mall into the new Madibeng Mall in Brits.
The Mall was previously vacant for +-7 years being an eyesore for the town during that time. The new ownership has deemed to be a turn-around for Brits. Upon interviews with the local public, we’ve seen that the Brits community is grateful for the revamp.
Floret-lede vergader vandag
BRITS POS – BRITS – Die maandelikse byeenkoms van Floret Blommeklub vind vanmiddag (Donderdag, 20 Februarie) om 14:00 in die kerksaal van die Hervormde Kerk, oorkant die munisipale-kantore, in Van Veldenstraat, Brits, plaas.
Nuwe lede en blommeliefhebbers word hartlik uitgenooi om die byeenkoms by te woon.
Volgens die woordvoerder van die klub, Elaine Smith, is die klub se byeenkomste nie net leersaam met allerlei interessante idees om spograngskikkings te maak nie, maar ook baie gesellig.
Lank lewe die kurkprop!
BRITS POS – BRITS - Die kurkboom, qurcus suber, is nie ‘n boom wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom nie, maar wel in Portugal.
In 2011 is dié kurkboom as die nasionale boom van Portugal verklaar.
“Kurkbome is vir Portugal soos maroelabome vir Suid-Afrika, jy kan jou nie daarsonder voorstel nie,” vertel Henry Francis, voorsitter van die Pilanesbergtak van die Dendrologiese Vereninging.